RE¨LS VIR LAERSKOLE-RUGBY

SUID-AFRIKAANSE RUGBYUNIE

2009

 

REšLS VIR LAERSKOLE-RUGBY

 

 

AL DIE REšLS IN DIE AMPTELIKE REšLBOEK EN WYSIGINGS

VAN DIE I.R.R. IS VAN TOEPASSING MET DIE VOLGENDE UITSONDERINGS EN BYVOEGINGS.

 

Reël 2:    DIE BAL.

          Nommer 4-bal

 

Reël 3:    AANTAL SPELERS.

 

Tot sewe spelers mag vervang word gedurende ‘n wedstryd.   Die reserwes vir Cravenweek moet twee voorryspelers insluit (stut en haker of twee stutte).   Daar mag wel gebruik gemaak word van substitute asook van plaasvervangers in die geval van ‘n beseerde speler  (Kwotastelsel moet egter eerbiedig word in geval van Cravenweek en verteenwoordigende spanne).

 

Reël 4:    KLEREDRAG.

 

1.       Spelers speel kaalvoet.

2.       Die gebruik van ‘n mondskerm word vir alle spelers aangemoedig maar is verpligtend op spelers wat deelneem aan provinsiale wedstryde.

 

Reël 5:    LOOT EN TYD.

 

1.       Twee helftes van twintig minute elk word gespeel.

2.       Beseringstyd word wel toegelaat.   ‘n Maksimum van 5 minute beseringstyd per wedstryd word toegelaat.

 

Reël 10:      VUILSPEL EN GEMENE SPEL.

 

1.       Die skeidsregter moet ‘n strafskop vir die gevalle van vuilspel of gemene spel toeken. Die skeidsregter moet  ook die betrokke span waarsku.

 

2.       In die volgende gevalle van gevaarlike spel en wangedrag (Reël 10.4) moet die  skeidsregter ‘n speler vir 5 minute van die veld afstuur:

Vuisslaan; Trap; Skop; Pootjie; Gevaarlike doodvat; Weerwraak neem ;

 ‘n Skopper laat stormloop en herhaalde oortredings deur ‘n speler (Lw. ‘n speler en nie ‘n span nie)

 Met bogenoemde oortredings moet die skeidsregter die afrigter op die veld roep en aan hom verduidelik waarom die speler afgestuur word. (daar sal geen debat plaasvind nie want die skeidsregter doen dit vir verduideliking en regverdiging nie)

‘n Geelkaart moet gewys word en die speler moet  by sy afrigter bly tot hy weer op die veld mag gaan.

Geen speler mag in die betrokke speler se plek opgestuur word nie, behalwe in die geval waar ‘n voorryspeler afgestuur is.   Die afrigter moet dan ‘n ander voorspeler van die veld afhaal en ‘n plaasvervanger voorry opstuur.

 

          Die volgende toevoegings geld vir gevaarlike doodvat:

                   Om ‘n speler aan die arm te gryp en grond toe te slinger.

                   Om ‘n speler aan die trui of kraag te gryp en te sweepslag.

         

3.      Die 13m lyn vervang die 15m lyn waar van toepassing.

 

Reël 11:      ONKANT.

 

1.       Alle sanksies vir onkant is ‘n strafskop.

 

2.     Die 5m onkantlyn is van toepassing op agterspelers by die skrum en lynstaan.

 

3.       By skrum -  5m vanaf agterste voete in die skrum.

 

4.       By lynstaan -  5m vanaf die ingooilyn in die lynstaan.

 

Reël 15.3:    DOODVAT.

 

NB: Onkantlyne soos per 2008 verval

 

1.     Alle spelers wat die doodvat nader moet deur die ‘hekke’ kom.

2.     Alle oortredings by die doodvat word strafskoppe.

3.     Wanneer die bal onspeelbaar raak word ‘n skrum aan die span toegeken wat laaste vorentoe beweeg het voordat die skeidsregter sy fluitjie geblaas het.

 

Reël 16:    LOSSKRUM.

 

1.     Spelers mag nie hul hande,maar wel hul voete gebruik om die bal te bemeester, mits hulle op hulle voete is en deel van die losskrum is. M.a.w. hulle het deur die “hekke” gekom en by die losskrum aangesluit, of was deel van die doodvat, op sy voete, of vasgevang in die losskrum.

2.     Daar mag nie op spelers getrap word nie.


(c) Gallo
Mark Lawrence has been resting in rural Standerton and is fit and fresh to answer readers' question.

READ THE LATEST HERE!

(c) Getty
The International Rugby Board has announced the names of the match officials for the 10-match Lions' tour of South Africa, starting on 30 May 2009.
READ THE LATEST HERE!

Things are getting tense now as the top sides jockey for the top places. There are match and individual totals at the end.
READ THE LATEST HERE!

Craig Joubert and Marius Jonker are two of the top referees in the world, both involved in the Six nations recently and both involved in the Super 14 now. In this Q&A Craig asks questions of Marius.
READ THE LATEST HERE!